Ek lees soms ’n storie of sien iets op televisie wat my kop aan die dink kry en dan daar rondwoel tot die storie sy pad na my skerm vind. So beland een van die groot self-help guru’s, Darren Hardy, nou onlangs op my pad met sy boek genaamd The Compound Effect. Volgens Hardy is jou lewe die kumulatiewe resultaat van al die besluite wat jy geneem het.
It is the tiny choices that we make repeatedly and consistently that make radical differences. You will never change your life until you change something you do daily.
Ek moes die afgelope jaar of drie baie keer keuses maak waarmee ek glad nie gelukkig was nie, maar dit het meesal gegaan oor iets wat totaal buite my beheer was. Noudat my lewe stadig maar seker in ’n nuwe rigting begin beweeg, is daar goed waaroor ek moet besluit wat net my keuse is. Goed waarvoor net ek verantwoordelik is. Dan gooi my vriendin wat (regtig) vêr by die diep, blou see bly my nog van tyd tot tyd met haar nuutste favorite sêding: If you don’t change it, you choose it.
Ja-well-no-fine… makliker gesê as gedaan, liewe vriendin. Indien dit waar is, is dit my keuse om oorgewig en onfiks te wees? Om soms heeltemal te veel tyd aan ’n speletjie op my tablet te spandeer. Om gereeld in die garage-pie slaggat te trap omdat dit so ongesond lekker is. Dalk nou en dan te veel rooiwyn te drink en dan die volgende dag wonder wat op aarde my makeer?
Ek moet seker die keuse maak om al daardie goed nie te doen of te wees nie. Maar waar begin mens? My lewe lank het elke groot verandering wat vir my voorlê met ’n lysie begin. Soms tot baie se irritasie, maar ek kan nie funksioneer sonder ’n lysie nie. So. Dus. Ek gaan binnekort met so lysie begin, dit teen my studeerkamer se muur vasplak en hard werk daaraan.
Dit gaan egter nie vandag gebeur nie… Ek gaan bietjie vasbyt aan ’n ander wysheid wat ek een keer in die boek Eat, pray, love gelees het:
We are always digging in the past or poking in the future, but rarely do we rest in this moment.
Ek gaan dus hier en nou begin geniet. Resting in my moments… En eendag sal op opstaan met my lysie en droom van dun, fiks en super gesond wees.
C.
