Gedig

Noudat ek weer aan die skryf is, besoek ek gereeld al wat ’n Afrikaanse webblad wat oor skryf handel. Natuurlik het die Internet my getrou gevolg en my met allerhande relevante berigte en stories begin nooi om dieper in die maalkolk van inligting te val. Ek moet erken dat ek dit nogal geniet, veral noudat ek tyd se baas is en maklik vir ’n uur of twee kan verdwaal.

So beland hierdie gedig op my skerm. As ek sê dat ek dit al twintig keer gelees het, oordryf ek nie. Dit is net so verskriklik mooi en ek wil dit graag met almal deel. Ek hoop dit maak iemand se dag daar buite ligter.

C.

09/2025